Resultate 1 tot 7 van 7

Draad: Kakamas brug - N10

  1. #1
    4x2 met ewenaarslot Vaalwillem's Avatar
    Aangesluit
    21-12-11
    Plek
    Upington, Northern Cape, South Africa
    Boodskappe
    59
    Wat ry jy?
    Pajero 3.2 Di-D LWB Dubbel batterystelsel, OME,sondak, lugsuspensie
    Gunstelingplekke
    Al die mooi plekke in SA
    Regte naam
    Willem Visser

    Kakamas brug - N10

    Die brug by kakamas oor die Oranje is gesluit weens strukturele skade agv aardbewings by Augrabies. Behalwe vir die besoekers aan die valle en die mense wat tussen Upington en Springbok reis, is dit ook 'n groot ongerief vir die druiweboere wat nou besig is om te oes. 'n Alternatief is om by Keimoes oor die rivier te gaan (waar hulle ook besig is om aan die brue te werk) en dan met die grondpad suid van die rivier Kakamas toe te ry.
    Aangehegte duimnaelsketse Aangehegte duimnaelsketse Picture 750.jpg‎  

  2. #2
    Moderator georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,439
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Kakamas brug - N10

    Dankie Willem - die grondpad opsie klink altyd net te lekker....jammer vir die boere en ander padgebruikers wat nou ompaaie moet ry....
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za


  3. #3
    4x2 met ewenaarslot Vaalwillem's Avatar
    Aangesluit
    21-12-11
    Plek
    Upington, Northern Cape, South Africa
    Boodskappe
    59
    Wat ry jy?
    Pajero 3.2 Di-D LWB Dubbel batterystelsel, OME,sondak, lugsuspensie
    Gunstelingplekke
    Al die mooi plekke in SA
    Regte naam
    Willem Visser

    Re: Kakamas brug - N10

    Jammer, jammer... dis die N14. Die N10 loop van Upington af Namibie toe.

  4. #4
    4x4-grondpadkar Piet van Heerde's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hopefield
    Boodskappe
    240
    Wat ry jy?
    60 series Land Cruisers
    Gunstelingplekke
    Enige woestyn
    Regte naam
    Piet van Heerde

    Re: Kakamas brug - N10

    Dankie vir die inligting Willem. Is die werk by Keimoes ook agv aardbewings?Hulle is mos al 'n ruk lank besig daarmee.
    En sal jy ons laat weet hoe ernstig dit is en hoe lank gaan hulle besig wees. Ek kan net die chaos indink met al die mense van Khamkirri en Riemvasmaak.
    Last edited by Piet van Heerde; 10-02-12 at 08:04.
    Piet van Heerde
    4x4 Veld en Marine gids
    Richtersveld spesialis

    Vol vrag op volle vaart, lekker!

  5. #5
    4x2 met ewenaarslot Vaalwillem's Avatar
    Aangesluit
    21-12-11
    Plek
    Upington, Northern Cape, South Africa
    Boodskappe
    59
    Wat ry jy?
    Pajero 3.2 Di-D LWB Dubbel batterystelsel, OME,sondak, lugsuspensie
    Gunstelingplekke
    Al die mooi plekke in SA
    Regte naam
    Willem Visser

    Re: Kakamas brug - N10

    Nee, die brue by Keimoes was mos enkelbaanbrue en van hulle was te laag. Hulle is nou besig om die brue dubbelbaan te maak en ook om van die brue hoer te maak. Elke keer as hier 'n vloed is, is baie mense afgesny.

    Die van julle wat wat hier langs ry en op pad is Augrabies toe kan gerus die grondpad aan die suide kant van die rivier oorweeg. Ry van Upington af Louisvale toe en dan reguit aan tot by die afdraai Kanoneiland toe. Daar is 'n baie lekker kampplek, Oranjerus. Hou reguit aan en dan word dit 'n grondpad. Die pad loop deur Neilersdrift (net suid van Keimoes) en volg dan die pad verder Kakamas toe. Dit is 'n baie mooi pad met baie kokerbome. Van Kakamas af volg jy dan weer die teerpad Augrbies toe.

    Ek het nog niks verder gehoor van Kakamas se brug nie. Besoekers kan gerus die grondpad vat Khamkirri toe (baie lekker kampplek met baie om te doen) en dan verder Riemvasmaak toe. Daar iewers gaan ook 'n brug oor die rivier wat jou weer tot by die N14 bring, links Augrabies toe en regs Springbok toe.
    Last edited by Vaalwillem; 10-02-12 at 08:33.

  6. #6
    4x2 met ewenaarslot Vaalwillem's Avatar
    Aangesluit
    21-12-11
    Plek
    Upington, Northern Cape, South Africa
    Boodskappe
    59
    Wat ry jy?
    Pajero 3.2 Di-D LWB Dubbel batterystelsel, OME,sondak, lugsuspensie
    Gunstelingplekke
    Al die mooi plekke in SA
    Regte naam
    Willem Visser

    Re: Kakamas brug - N10

    Ek verneem die brug is gedeeltelik oop vir motorvoertuie, nie swaarvoertuie nie. Die voertuie word een vir een oorgevat en die wagtyd is omtrent 2 ure.
    Hoog is amper soos ver, dit is net baie meer op en nie so plat nie.

  7. #7
    4x4 met agterste ewenaarslot jotto's Avatar
    Aangesluit
    10-02-12
    Plek
    Wyn plasie net buite Stellenbosch, tussen al die berge
    Boodskappe
    969
    Wat ry jy?
    4x4 Pajero 3.2 Di D Home made "ARB" bumper, home made roof rack
    Gunstelingplekke
    George, Knysna, Waterberge, Laeveld
    Regte naam
    Johann

    Re: Kakamas brug - N10

    Jong ons is eergister daar verby en die pad was nog steeds gesluit, moes ompad ry om by die ander kant van die rivier uit te kom. Draai regs op die grondpad net voor die brug, ry 19km aan en draai regs by n baie tydelike, hand geverfde, bortjie. Volg die paaitjie deur die boer se plaas tot be die teerpaatjie, draai daar links. Volg die paatjie tot by die hoofpad, draai links tot by die N7. Lang ompad, maar die naaste opsie.

    Cheers

    Johann
    Johann

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •