Resultate 1 tot 24 van 24

Draad: Ou 'army'- stories......

  1. #1
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Ou 'army'- stories......

    Daar moet miljuisende snaakse ou army-stories wees? Laat ek begin:

    Doer in Kovsie-wÍreld was 'n legendariese snaakse man gewees. Frans Stroebel. Hy was hulle Intervarsity Rasieleier en die manne wat hom op humor kon koudsit, was maar dun gesaai. Maar soos almal, moes hy ook maar army toe en hy was by die Kommando's ingedeel. Hy was egter nie baie opgeklits met hierdie army-idee nie en baie moedswillig. As die manne onderdeur drade moet kruip, dan klouter hy bo-oor en as hulle marsjeer, dan loophy met sy arms saam met sy bene. Draai die peloton links, dan draai hy regs...en so aan. Die korporaal was later moedeloos. Vloek en skree het nie gehelp vir die situasie nie. Toe Stroebel weer 'n slag droogmaak, toe halt die korporaal die manne en skree vir Stroebel: "Strubel! Hardloop teen die naaste kakhuis vas!"

    Stroebel: "Staan vas, korporaal! Hier kom ek!"

  2. #2
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Oos-London
    Boodskappe
    41
    Wat ry jy?
    2002 Mitsubishi Colt 2.8 Tdi double cab 4x4.
    Gunstelingplekke
    Buite
    Regte naam
    Regardt

    Re: Ou 'army'- stories......

    Lol rofl

  3. #3
    4x4 met agterste ewenaarslot Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    627
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Rancho-skokbrekers, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Kaokoland, Krugerwildtuin, Botswana, Mosambiek, Weskus, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Hehehe.

    Terloops, lank leef die 4Y.


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  4. #4
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Quote Originally Posted by Alibaba Lees boodskap
    Hehehe.

    Terloops, lank leef die 4Y.
    Interessante ding op die 4Y: Sukkel nou al lank met 'n effense probleempie hier en daar en kan dit net nie vaspen nie. Jy weet mos 'n Toyota start mos vinnig soos met een draai en dan vat hy. Myne het effe langer begin vat en ek soek die fout by die float level, die accellerator se pomp, ens. Uiteindelik, toe kom ek agter die rubberpype het in die 20 jaar van gebruik hard geword van hitte rondom hulle metaal konneksiepunte en die rubber het vervorm sodat dit eintlik los sit as die enjin koud is en die metaalpype krimp as hulle koud word. Dan kom lug in die pype in en loop die petrol terug. Toe vervang ek al sy rubberpype met nuwe swart rubberpyp en voila! Net so 'n halwe draai dan loop hy so glad soos 'n horlosie!

  5. #5
    4x4 met agterste ewenaarslot Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    627
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Rancho-skokbrekers, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Kaokoland, Krugerwildtuin, Botswana, Mosambiek, Weskus, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Quote Originally Posted by Spook Lees boodskap
    Interessante ding op die 4Y: Sukkel nou al lank met 'n effense probleempie hier en daar en kan dit net nie vaspen nie. Jy weet mos 'n Toyota start mos vinnig soos met een draai en dan vat hy. Myne het effe langer begin vat en ek soek die fout by die float level, die accellerator se pomp, ens. Uiteindelik, toe kom ek agter die rubberpype het in die 20 jaar van gebruik hard geword van hitte rondom hulle metaal konneksiepunte en die rubber het vervorm sodat dit eintlik los sit as die enjin koud is en die metaalpype krimp as hulle koud word. Dan kom lug in die pype in en loop die petrol terug. Toe vervang ek al sy rubberpype met nuwe swart rubberpyp en voila! Net so 'n halwe draai dan loop hy so glad soos 'n horlosie!
    Ek sal dit beslis onthou, thanks


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  6. #6
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Nog 'n storie. Doer by Speskop in Pretoria was 'n Sammajoor Bulpit. RSM. Hy was 'n behoorlike moeilike man soos manne van diť rang ook mos maar was. Altyd regop asof hy 'n laaistok ingesluk het, pynlik netjies en het hier weglÍ snor gehad wat hy met liefde vertroetel het. Die troepe daar op die kop was vrekbang vir hom want as hy 'n man vasgevat het, dan was dit met 'n rooi doibie op die kop en met 'n Samil se kompleet wiel wat die ongelukkige troep dan die bult van Speskop moes uitrol en weinig het bo gekom sonder om uit te pass. Sy verbale 'instruksies' aan die ongelukkige troep was natuurlik iets vreesliks!

    So het daar een jaar 'n troep aangekom wat self 'n moeilike een was. Julle ken hom mos....altyd moeilik en op soek na moeilikheid en gesag het nie veel vat op hom gehad nie. Die feit dat hy die bult met die wiel en Bulpit al verskeie kere goed leer ken het, het nie veel gehelp nie. Later het dit sommer 'modus operandi' vir die sammajoor geword om diť troep sommer uit beginsel uit, op te donner, maar die dag wat daai sammajoor se bek doodstil was, was die dag toe diť troep vir amper 6 weke weg huistoe was vir menslikheidsverlof en toe hy terugkom, toe tree hy aan met presies dieselfde snor as wat die sammajoor het! Die sammajoor het amper 'n pÍntierek geskiet en wou van die troep weet wat se *** sit daar op sy bolip? Toe die troep vir hom vertel dis dieselfde *** as wat die sammajoor op sy bolip het, toe haak die sammajoor heeltemal uit en stap vinnig na sy kantoor toe in die hoofgebou, haal sy skeermes uit en sny sy snor af en vertel vir almal hy dra nie 'n snor saam met 'n troep nie!

    Die volgende oggend, toe kom die troep op perade en toe het hy ůůk sy snor afgeskeer. Die Sammajoor kon nie 'n geluid uitkry nie en sy mond het net so oop en toe gegaan, maar die troepe vertel hulle het ťlke vloekwoord presies verstaan!
    Last edited by Spook; 03-02-12 at 14:16.

  7. #7
    4x4 met agterste ewenaarslot Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    627
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Rancho-skokbrekers, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Kaokoland, Krugerwildtuin, Botswana, Mosambiek, Weskus, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Hehehehe.


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  8. #8
    4x4 met twee ewenaarslotte Vlakvark's Avatar
    Aangesluit
    02-12-11
    Plek
    Worcester, (Die Breederivier Vallei, ... net langs die hemel)
    Boodskappe
    1,103
    Wat ry jy?
    Datsun Safari '82
    Gunstelingplekke
    Worcester, Die Kruger, Stilbaai. .... daar is nog ander plekke ook!
    Regte naam
    Kiewiet Van Der Westhuizen

    Re: Ou 'army'- stories......

    Quote Originally Posted by Spook Lees boodskap
    Daar moet miljuisende snaakse ou army-stories wees? Laat ek begin:

    Doer in Kovsie-wÍreld was 'n legendariese snaakse man gewees. Frans Stroebel. Hy was hulle Intervarsity Rasieleier en die manne wat hom op humor kon koudsit, was maar dun gesaai. Maar soos almal, moes hy ook maar army toe en hy was by die Kommando's ingedeel. Hy was egter nie baie opgeklits met hierdie army-idee nie en baie moedswillig. As die manne onderdeur drade moet kruip, dan klouter hy bo-oor en as hulle marsjeer, dan loophy met sy arms saam met sy bene. Draai die peloton links, dan draai hy regs...en so aan. Die korporaal was later moedeloos. Vloek en skree het nie gehelp vir die situasie nie. Toe Stroebel weer 'n slag droogmaak, toe halt die korporaal die manne en skree vir Stroebel: "Strubel! Hardloop teen die naaste kakhuis vas!"

    Stroebel: "Staan vas, korporaal! Hier kom ek!"
    Spook, ek het Frans Stroebel en Leon Schuster in Bloemies as kind geken. Hulle was saam met my ouer broer in JF (Jim Fouchť) hoŽrskool. (My broer is al oorlede). Daai 2 was ander hoenders se tjÍnners en het eindelose bollie aangejaag. Frans het later jare baie goed vir homself gedoen. Vir Leon ken julle almal.

    Ek was een van die eerste groep twee jaar innames in Januarie gewees daai tyd. Op "Bossiesspruit" naby Kroonstad. (Die opleidingsgroep het al 40 days gehou toe hoor hulle hulle moet nog `n jaar doen). Onnodig om te sÍ die manne was nie baie opgetrek met ons klomp wat daar opgedaag het nie. Dit was `n kamp van slegs 300 troepe. Ek was ookal oud en net die RSM en die bevelvoerder (Shylock Mulder ~ bliksem) was ouer as ek. Daarby was 2 korporaal laaities ook v/d Westhuizen.. ... nag Nella.

    Die parade grond was `n tydelike ene, want die kamp was nog in aanbou, op so `n platotjie en was nie plat nie maar met boggelrug afdraende na die agterkant wat so 2 meter laer was. Ons het die 1ste jaar in tente gebly en het eers Julie warm water gehad ... donkies. Kroonstad bibber in die winter, ou. Diť oggend is die mis laag en die helfte van die parade grond is toe onder die mis. Ons moes van agteraf op masjeer. Die hele kamptroep staan toe onder die mis op die agterkant van die paradegrond. Die RSM gil ... "Kom op PARADE..." en een van die troepe gil terug ... "Ons kom samajoor .... !!!!!!"

    Daar was nie baie gesit gewees daai dag nie ... maar dit was een van die onthou spanbou oomblikke !! ...
    Last edited by Vlakvark; 04-02-12 at 08:49.
    Kiewiet.
    If you are going through hell, keep going. - Sir Winston Churchill.

  9. #9
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    'n Ou wat ek in Windhoek leer ken het, Dieter Nitsche, het vir my vertel hy was in die Pantser Korps en op 'n kol word hulle opgeroep vir 'n kamp Bloemfontein toe. Tempe. Hier het hulle opknappingskursusse met die blikwaens gedoen...sulke gevegsoefeninge en was hulle op 24-uur 'standby'. In die aand het het hulle sommer onder die pantserkarre geslaap in hulle slaapsakke want hulle mog nie hulle 'overalls' uittrek nie en hulle boot'se die het hulle net losgemaak vir ingeval die aksie oproep in die nag kom en jy moet begin soek na klere.

    Maar soos dit met so 'n kamp gaan, die kos is nie te lekker nie altyd nie en baie keer is dit 'n haastige gevretery. Partykeer praat die mage dan terug en met benoude en stink gevolge. Diť nag toe reŽn dit ook nog en so ongeveer drie uur toe stuur sy maag vir hom 'n benoude, dringende boodskap...jy weet, daai soort waarop 'n man můťt reageer en hy spring regop om by die toilette te kom. Met die dat hy nog onder die pantserkar lÍ, kap hy natuurlik sy kop een moerse hou en net daar laat gaan sy maag en sy overall en slaapsak dryf in die stront.

    Hy't toe maar kaalgat uitgetrek en so handeviervoet in die nag, die Vrystaatse reŽntjie toegelaat om hom skoon te was!
    Last edited by Spook; 04-02-12 at 10:20.

  10. #10
    4x4 met agterste ewenaarslot Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    627
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Rancho-skokbrekers, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Kaokoland, Krugerwildtuin, Botswana, Mosambiek, Weskus, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Mens is maar dankbaar vir die reŽn partykeer.


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  11. #11
    4x4 pypkar Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    3,093
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Ou 'army'- stories......

    Ons Poeliesmanne het ook moles gehad -- soms.. So het Sers Kitching dit vreeslik uitgehaal op so 'n slapgat wat altyd ons troep laat laaste kom het.. Noem hom maar Vermaak - So sit Sers kitching die mannetjie op permanente toilet diens
    Na so 3 maande se lek oggend "Vermaakkkk !!!!!" daar uit die bad/kleed-kamers was Vermakie al bikki moeg daarvoor.
    Soebat hy ons baie mnooi om di elaaste hokkie se troon te gebruik nie. En was hy daai bak met KOOK water uit, en spat peanutbotter teen die kante.
    Volgende more toe is diet weer : "Vermaakkk !!!" en Vermakie draf nader
    'Ja sersant?'
    "WAT is dit daardie" ? en Sers beduie die bruin teen die troon se wande.
    Vermakie vat sy vinger, skraap dit op en in sy mond .. hy rol dit so in sy mond rond en sÍ: "Dis *** sersant"
    Vermakie was verlos van Toiletdiens - en ons het Kitching eers die waarheid vertel na ons uitpaseer het

  12. #12
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Die manne wat in die bos was in die ou army, sal weet van die meer permanente vaste basisse mos die van daai poepketels gehad het wat van glasvesel wat oor 'n gat staangemaak is. Net so 'n knop met 'n effensie dekseltjie so-op, maar hy't gewerk. Een ding wat die ADK se manne moes doen, was om gereeld kalk in daai gate te gooi om die gasse te blus. Iemand het so bietjie vergeet en hier kom Jan Gous [hulle was pas van patrollie af] en hy gaan sit behaaglik die eerste keer nŪť op sy hurke nie in amper 'n week en hy laat waai met meraai. Hy steek egter 'n sigaret op en gooi die brandende vuurhoutjie hier tussen sy bene in die gat. Die gas onder in daai gat maak net so 'n 'whoomp!' en skiet Jan se gat vol stront hier van onder af! Maar oomblikke voor dit skroei die gas se vlamme sy eiers pikswart en moes hulle met hom Grootfontein toe waar hy wydsbeen in die lug moes lÍ en met 'n sokkie oor Jakob en die verpleegsters wat vir hom lag!

  13. #13
    4x2 met ewenaarslot SteveW155's Avatar
    Aangesluit
    16-01-12
    Plek
    Kuilsrivier, Kaapstad
    Boodskappe
    78
    Wat ry jy?
    1993 Jeep Cherokee XJ 4L Limited. 3" ProComp" lift& lower control arms", 31" Yokohama Geolander MT,
    Gunstelingplekke
    Mooi plekke waar jy net met 'n 4x4 (en darem so bietjie bestuursvernuf ook)kan kom
    Regte naam
    Stephen Wearne

    Re: Ou 'army'- stories......

    Waaaahahahaaaa!!! Skitterend!!!

  14. #14
    4x4 met twee ewenaarslotte en modderbande Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    2,270
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Ou 'army'- stories......

    Ons doen Seksieleiding op die bult by Oudshoorn. Ons het so 'n tent-dorp bo-op die kop gebou, maar ons troepe slaap almal in loopgrawe wat ons rondom die kop moes grou. Amper orals is dit net klip. Ons loopgrawe is meestal net so 400mm diep.

    Een naweek jaag hulle ons terug kop toe om die loopgrawe klaar te grou. Maar al die kopperaals sit mos in die tente en drink bier. So ons sit meestal onder die bome en praat strooi. Laat die middag roep hulle ons nader vir die terugstap. Hulle hou roukol, en kom agter een ou is missing.

    Toe hulle hom loop soek, kry hulle hom binne-in sy loopgraaf. Hy was die enigste ou wat nie op klip was nie, maar op sand, en hy was ook die enigste ou wat heeldag aanhou grou het. Hulle moes 'n tou op die basis loop haal om hom daar uit te trek, so loopgraaf was meer as 3m diep!
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  15. #15
    4x4 met twee ewenaarslotte Vlakvark's Avatar
    Aangesluit
    02-12-11
    Plek
    Worcester, (Die Breederivier Vallei, ... net langs die hemel)
    Boodskappe
    1,103
    Wat ry jy?
    Datsun Safari '82
    Gunstelingplekke
    Worcester, Die Kruger, Stilbaai. .... daar is nog ander plekke ook!
    Regte naam
    Kiewiet Van Der Westhuizen

    Re: Ou 'army'- stories......

    Onthou julle daai overalls en jippo guts ...?

    As jy dit nie kon maak nie en `n veldtie moes vang. As jy nie mooi gemik of onthou het nie, het die besigheid jou inni nek getref metti aantrekslag oor die skouers gooi .... Ai, daai dae ...
    Kiewiet.
    If you are going through hell, keep going. - Sir Winston Churchill.

  16. #16
    4x4 pypkar Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    3,093
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Ou 'army'- stories......

    Vlaktes - ons het een so gruwelike Sammajoor gehad wat ons "Blouwillebeetse" erg opge *(** het en ons lewesn onsmaaklik gemaak het..
    Toe eendag, terwyl HY agter 'n struik sit, het Tkwarra Scheepers hom met 'n langsteel graaf bekruip en alles wat uitkom mooi ogevang, en anderkant toe afgelaai..
    Nou kyk, ek ken GEEN man op hirri aarde wat nie na sy skeit bekyk as hy kaar is nie, en dis toe ook so, toe daai Sammajoor klaar gepampier het en vir "cover-alls" weer aan het, toe kyk hy na sy maaksel .. wat toe mos nie meer daar is nie .. Die manewales om uit daai "cat-suit" te kom .. ons maagseer nounog by die gedagte ...
    Haai, sjym mens, die alleverkriklikste gedagtes het seker deur sy breins gejaag toe hy daar afkyk en sy 'mis' is weg ... soos mis voor die son....
    Tkwarra?? Hy het vir die res van daardie kamp nie een keer weer vir sy eie drank betaal nie.

  17. #17
    4x4 met twee ewenaarslotte en modderbande Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    2,270
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Ou 'army'- stories......

    'n Pel van my se broer le op die skietbaan, dis hulle eerste lewendige skietoefening. Hulle le reg, klaar gelaai en veiligheidsknippe op "R". Daar hardloop 'n tarentaal oor die skietwal, van die een kant af. Die sweet beginne die manne aftap. Uiteindelik kan een rekruut dit nie meer hou nie. Die skoot klap, en die tarentaal rol.

    Die Sammajoor gil: "wie was dit!... Wie het daardie skoot afgetrek!... As daardie ~!#&_**($@& nie nou uitkom nie, !(%&@#%( ek julle almal op!... Uiteindelik steek een brawe siel sy been in die lug. Die sammajoor se: Goeie skoot, gaan aan!
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  18. #18
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Toe die oorlog nog ernstig was en almal gedink het die spul Russe gaan sommer so oor die Namib die streek gaan inkom en ons opdonner, was dit 'n ernstige saak om die swaar Namib [daar waar die toere nou so speel] te karteer en alle waterpunte reg te bepaal. Die dat ons met die Landrovers en Hilux'e deur daai duine is met Marie Biscuit harde bande op en ons et al daai roetes gery, mens weet nie altyd waaroor die mense vandag stres nie....dis mos net taaiers en enjins wat groot krag maak.
    Ewenwel, saam met ons was so 'n dik sammanjoor wat sy broek met twee webbelte aanmekaar vasgemaak het. As hy 'n veltie moes vang, was op die hurke 'n swaar storie en het die offisiere 'n kakstoeltjie gehad...'n kampeerstoel met 'n gat in. Die vorige aand het ons vet gelÍ aan lekker skaaprib oor die kole afgesluk met yskoue bier en die sammajoor was 'n vooreter. Daai volgende oggend, toe dit die duine op en duine af is en die mage begin skud en skommel, toe gee die ou se maag een moerse draai en toe moes hy gooi en die voertuig waarop die kakstoeltjie is, is drie voertuie vorentoe oor 'n duin. Ek seg toe vir hom ek stop hier teen 'n duin se voorkant sodat hy net anderkant die rant in die sagte kant kan hurke sit en sy ding doen.
    Hy maak toe so en hy los toe daar so 'n 'footlong' of twee en die, met die skuinste, beginne rol en maak sand bymekaar en daar gaan die drolle, teen die duin af. Die sammajoor weet van niks en sukkel terug in sy broek en toe hy terugkyk om die resultaat te sien van sy groot druk, toe's daar niks! Daar was amper so 'n groot vraagteken bo sy kop in die lug!
    Dis toe dat die een troep so skreeu-lag-skree: "Sal ek vir die sammajoor 'n verkyker bring sodat hy sy **** kan sien?"
    Last edited by Spook; 08-02-12 at 15:15.

  19. #19
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Doer naby Plessisplaas, omgewing Gobabis, was die Kommando's besig om oorlog te speel. Die manne het in twee-man tentjies geslaap. Kosie, 'n jong boer doer vanaf Leonardville se kant af, hy het vas geglo 'n man slaap nie met sy onderbroek aan nie want die oerieps gaan jou opvreet de volgende dag. So het hy elke aand sy onderbroek uitgetrek en net so met sy PT broek in die slaapsak geklim. Die onderbroek het hy bo-op sy boetse geparkeer vir ingeval hy hom dalk vinnig nodig gaan kry. In die oggend dan, het hy uit die tent geklim, sy PT broek afgesukkel....julle weet mos in watter toestand parate jong mans in die oggend meestal is....en dan sy onderbroek aangepluk want dit was nogal koel so vroeg in die oggend sodat hy sy klere kan aankry.

    'n Skerpioen egter, het in die nag besluit hy laaik ook van daai onderbroek vir hitte en toe hy die onderbroek aanpluk, toe raak skerpioen benoud en hy steek vir Kosie pot shot op sy bal. Nou weet julle dis vreeslik seer en hy het daar rondgedans en gehop-hop spring en die manne lag, maar die kok kom toe met raad: Smeer die bytplek met petrol, dit help vir die brand. Een van die tiffies bring toe so 'n oop koffieblik vol petrol nader en daar staan die man toe. Hy kan mos nie 'n ander man toelaat om dŠŠr te smeer nie! Nou't hy daai 'volstruis' van hom agter die kop en trek hom hier teen sy maag op sodat hy onder die bal kan probeer sien waar is die bytplek. Maar hy kan nie sien nie en die seer raak al erger en hy besluit terstond om sommer sy hele bal in die blik petrol te laat hang!

    Ken julle van petrol op sensitiewe vel? Soos 'n kool vuur, die belowe ek jou. Daar gaan Kosie toe aan die dans en maak sulke sprongetjies so 'n springbok wat pronk en skree 'soe-soe' [raait daai ene is nie waar nie!] en op die ou end het die medic hom ingeloop met 'n buis salf en toe maak 'n ander man se hand op sy bal nie meer saak nie. Die res van die dag het hy so met sy bene so omtrent 'n meter uit mekaar geloop.......en van daai dag, toe vat die oerieps rustig oor in Kosie se onderbroek want hy't nooit weer sůnder daai onderbroek gaan slaap nie!
    Last edited by Spook; 09-02-12 at 10:17.

  20. #20
    Moderator Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    1,158
    Wat ry jy?
    'n 1989 Toyota Hilux met baie min ombouings en veranderinge, maar daar is 'n pyplyn vir dit...
    Gunstelingplekke
    Enige plek sonder selfoonontvangs met baie grondpaaie
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Ou 'army'- stories......

    Bwahahaha!!!
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Webredakteur - WegRy/ Web editor - Drive Out
    weg.co.za / go-southernafrica.com
    gerrie@wegry.co.za

  21. #21
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,469
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: Ou 'army'- stories......

    Uitstekend Schalk
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

  22. #22
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Ou 'army'- stories......

    Wie kan sover teruggaan in die 'oorlog' soos in 1975 se end se kant toe toe die Angolese begin oorlog maak het op mekaar en die Suid-Afrikaanse weermag so effe asem opgehou het op die grens? Wel, ons was besig met 'n 3-weke kamp en het doer tussen die plase van Outjo getraai om die verveeldheid te verdryf en net die nodigste te doen. Die enigste opwinding was die Alouette se kaptein wat smaaklik aan 'n blik boeliebief met 'n vurk loop en eet het terwyl ons mae nog gedraai het van die daai aaklige draderige opgekookde kool wat sommige kokke uit wraak uit gekook het. Op die dÍshboard van sy chopper was 'n staalraampie met die foto van 'n kaal meisie op gemonteer en elke keer, voor hy opstyg, dan trek hy met twee vingers so oor haar lyf. Hy was 'n Claassen, as ek reg onthou. Hy't een van ons troep sy R1 amper breek laat val toe hy met sy geweer se loop vorentoe na die chopper toe die vliegtuig benader het en die kaptein omtren 'n pÍntierek geskiet het. Toe hy diť manne later verder aflaai, toe huiwer juis diť outjie om te spring en die kaptein woel daai chopper se stok net so effens, dit kantel en die troep donner uit daai chopper plat op sy maag, bo-op sy R1. Ke-ke-ke, lag die kaptein vir hom, jy wil mos my chopper skiet jou dom donner!

    Wel, ons hang nog so rond toe kraak die radio en die operateur kom aangehol en daar's die nuus: Ons moet onmiddellik terug Outjo toe, na die skool se rugbyveld toe. Donker daar gekom en die hele rugbyveld is 'n byenes. Daar moes ons testiment skryf, dog tags laat maak en erger nog, skerppunt ammunisie word uitgedeel. Die ou rondekop Bedfords se seile word afgehaal en die boogpype vorentoe geskuif en op die agterste pyp word 'n staal bracket vasgebout en daarop pas die LMG. Ons gaan oorlog maak! Mens was so opgewonde en bang ook, tegelyk.

    Ons het die volgende week-en-'n-half vele dinge daar op die grens rondom Ruacana en Calueque ondervind en toe ons tyd verby is, toe kom ons terug. Ons hele groep het bestaan uit die Infanterie kompanie en ook so stuk of 12 pantserkarre. Die nimlike Eland 60 met sy Panhard lugverkoelde enjin. Die ouens het hom orals gery met sy oortjies oop om bietjie lug te kry, maar die somer het al warmer geraak en een of twee het al daar in die bos moeilikheid gegee. Toe ons egter die grootpad suid na Windhoek en die mammies slaan, toe onstaan daar 'n lekker 'daais'. Ons het hoeka ons Bedford se governor afgehaal en as daai rondkoppie net eers 'n afdraende kan strike en jy vang momentum, dan laat waai hy. Ons probleem egter, was die pantserkarre. Hulle enjins het een na die ander vasgeslaan van oorverhitting en dan moet 'n lorrie hom haak met die sleepyster.

    Die spul blikkarretjiemanne het so 'n windgat, Nazi-gevonde, Duitse luitenantjie gehad wat hulle bevelvoerder was en diť donner het besluit dis oor ons met die lorries te vinnig ry dat die pantsers nie kan byhou nie en dan *** hulle enjins. Hy sÍ toe hy sal voorry en niemand mag by hom verby nie. Ons Bedford, wat so lekker getrek het, het hoeka al 'n panserkar agtergehad en dit het ons 'n tyd gevat om eers op spoed te kry, maar as daai Bedford eers aan't lope is, dan pass ons die ander lorries en karre soos telefoonoproepe in 'n sentrale. Die Jerry-luitenant die staan soos 'n generaal regop in sy kar en toe hy ons Bedford sien kom van agteraf, dan gee hy sy drywer opdrag om in die middel van die pad te ry sodat ons nie kan verbykom nie. Dis toe dat ou Kiem du Doit daai LMG agterop daai ysters vasmaak en hy trek 'n magasyn leeg agterop daai pantserkar! Skiet hom vol vaal kolle. Jy hoor net so clank-klonk soos die manne hulle klappies toemaak en daai luitenant verdwyn vinniger as 'n stokstertmeerkat, af in sy gat, klap toe. Ons is by hulle verby en die ons Bedford met die swaar panserkar wat hom nog lekker stoot teen die afdraendes af, die laat loop en ons het op Otjiwarongo die lorrie vol petrol gemaak en toe weer saamgemaak met 'n ander paar vir die pad Windhoek toe, toe ons hoor dat die luitenant was so die moer in, hy't ons traai jaag met sy stik blik en toe pak daai Panhard enjin op dat die stukke op die pad val!

    Die man was seker die moer in, huh?
    Last edited by Spook; 11-02-12 at 08:35.

  23. #23
    4x4 met twee ewenaarslotte en modderbande Peter Connan's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    2,270
    Wat ry jy?
    1996 Nissan Patrol SGL 4.2 Petrol Langafstand-tenks OME vering PBE dubbelbatterystelsel 33" BFG
    Regte naam
    Peter Connan

    Re: Ou 'army'- stories......

    My diensplig het eers gebeur na die oorlog verby was. ek was op 'n stadium in bevel (ek gaan nie die woord beheer hier gebruik nie) van 'n peleton Zoeloes op die Swazi grens naby Oshoek grenspos.

    Ons Kompanie Bevelvoerder het dit goed gedink om 'n naweekpas as prys uit te loof aan die peleton wat die meeste grenskruisers in 'n week kan vaskeer. Een dag vang ek my troepe. Hulle klim oor die draad en stap na die pad so'500m van die grenspos af, dan keer hulle die taxi's voor. Hulle bied dan die passasiers 'n begeleide grenskruising aan sonder die gebruik van papierwerk, en sonder doane en aksyns ook sommer, vir R50. Dan begelei hulle die gewilliges oor die draad, en arresteer hulle sodra almal oor is.

    Op die manier het hulle die pas gewen en sommer spandeergeld ook gehad.
    Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...

  24. #24
    4x4 met twee ewenaarslotte Wynand's Avatar
    Aangesluit
    13-01-12
    Plek
    Bly in Richardsbaai, maar werk in Luanda
    Boodskappe
    1,331
    Wat ry jy?
    Ford Ranger. 3.2 D/K 4x4 Auto.
    Gunstelingplekke
    Klein Karoo
    Regte naam
    Wynand Kruger

    Re: Ou 'army'- stories......

    1978 - 8SAI-Upington. Daai tyd het ons nog in tente geslaap. 16 x 32 tente. Dis uitpak inspeksie. Langs my slaap 'n man genaamd John Hoy. 'n Suid Afrikaner, maar met 'n amperste chinese van.

    Elkgeval, kom die korporaal en die luitenant mos nou deur die tent en kyk so hier en daar. Gryp 'n geweer, kyk deur die loop ensovoorts. Het daardie tyd nog die swart bietse gedra - R1's. Kom toe by John se bed. Bekyk sy kas en trommel en die korporaal vat sy R1. Kyk deur die loop en se: Troep, jou geweer se loop is vol groen mannetjies (Aliens)

    Met die kom John op aandag en se: "Groen mannetjies, Aaaandag!!. Groen mannetjies, Uiiit Treee!" Die hele tent het uitegbars van die lag. Die luitenant het omgedraai en uitgeloop sodat die korporaal nie kon sien hy's besig om homself nat te maak van die lag nie. Die korporaal se gesig, het al die kleure van die reenboog aangeneem en John se R1 se werkende dele het almal buite die tent in die sand beland.

    Net toe masjeer een van die ander peletons se troepe daar verby. Die Korporaal was op pad uit die tent uit toe John weer van homself laat hoor. Peleton, Halt!. Die hele peleton kom tot stilstand, toe se john. Hey. julle ouens, kyk bietjie daar waar julle staan vir my geweer se werkende dele .

    Nodeloos om te se, John het daardie aand baie laat, en baie moeg terug gekeer tent toe

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •