Resultate 1 tot 15 van 15

Draad: Houtwerk

  1. #1
    Moderator Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    1,149
    Wat ry jy?
    'n 1989 Toyota Hilux met baie min ombouings en veranderinge, maar daar is 'n pyplyn vir dit...
    Gunstelingplekke
    Enige plek sonder selfoonontvangs met baie grondpaaie
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Houtwerk

    Raait, dinge staan so. Met die vakansie wat vinnig nader kom (ek en my vrou se ouers kom almal af Kaap toe vir krismis, so ons gaan nÍrens heen nie) is daar vir my deur my einste vrou 'n lang lys meubels wat gemaak moet word (bedkassies wat pas, 'n tafel vir die spaarkamer, 'n boekrak of sewe). Nou wil ek uitvind waar in die Kaap kan ek goeie hout kry teen 'n goeie prys. Ek weier om so baie vir Pine te betaal by plekke soos Builder's Warehouse en Brights en Timber City (R150 vir 'n 1.5m plank).
    Iemand het my vertel dat jy die planke wat op scaffolding gebruik word kan afskuur en die hout onder dit is gewoonlik baie mooi.
    Weet iemand waar ek ou scaffold planke kan kry, of goeie hout wat nie 'n arm en 'n been gaan kos nie. Daar is baie meubels wat gemaak moet word...
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Webredakteur - WegRy/ Web editor - Drive Out
    weg.co.za / go-southernafrica.com
    gerrie@wegry.co.za

  2. #2
    4x4 pypkar JacquesB's Avatar
    Aangesluit
    05-09-12
    Plek
    Table View, Kaapstad
    Boodskappe
    3,159
    Wat ry jy?
    2005 Jeep Cherokee Sport 4x4 met V8 Lexus motor
    Gunstelingplekke
    Tietiesbaai/Paternoster, Atlantis Duine, Cederberge, Matroosberg - enige plek waar ek 4x4 kan ry...
    Regte naam
    Jacques

    Re: Houtwerk

    Gerrie - gaan kyk by daardie houtplek in Montague Gardens - ek kan nie hulle naam nou presies onthou nie, maar hulle pryse is regtig goed vir kontant.

    Kom ek verduidelik gou vir jou:
    - jy kom van die N7 af en draai in Bosmansdam in - gaan in die rigting van Century City
    - dan draai jy regs in Montague Drive
    - ry oor die 1ste 3 robotte
    - na die 3rde robot, sien jy sulke industriele geboue met 'n groen ysterdak, aan jou linkerkant - dit is skuins oor die BP petrolstasie aan die regterkant van die pad
    - draai in hier by daardie geboue - ry amper tot heel onder/agter - gaan dan in by hulle ofisiele ingang - amper heel agter, aan die regterkant

    Daar behoort jy die BESTE pryse in die Kaap te kry.

    Die eienaar se naam is Ambrose - se vir dat jy vir WegRy werk en Jacques Botha ken!

    Net dalk kry jy nog so 'n bietjie afslag (geen beloftes nie - maar net dalk!)

    Daar is so 'n donker-kop dametjie wat by die betaal kantoortjie werk - ek kan nie nou haar naam onthou nie.....
    My 2005 Jeep Cherokee Sport - met 'n Lexus V8 hart!

  3. #3
    Moderator Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    1,149
    Wat ry jy?
    'n 1989 Toyota Hilux met baie min ombouings en veranderinge, maar daar is 'n pyplyn vir dit...
    Gunstelingplekke
    Enige plek sonder selfoonontvangs met baie grondpaaie
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Houtwerk

    Thanks Jacques... as jy hulle naam onthou, laat weet my.
    Maar waar gaan ek scaffold planke kry? Ek sal graag wil sien hoe daai hout lyk en of mens dit kan gebruik...
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Webredakteur - WegRy/ Web editor - Drive Out
    weg.co.za / go-southernafrica.com
    gerrie@wegry.co.za

  4. #4
    4x4 pypkar JacquesB's Avatar
    Aangesluit
    05-09-12
    Plek
    Table View, Kaapstad
    Boodskappe
    3,159
    Wat ry jy?
    2005 Jeep Cherokee Sport 4x4 met V8 Lexus motor
    Gunstelingplekke
    Tietiesbaai/Paternoster, Atlantis Duine, Cederberge, Matroosberg - enige plek waar ek 4x4 kan ry...
    Regte naam
    Jacques

    Re: Houtwerk

    HHHmmmm - Ek wonder of daar houtmeule erens rondom Kaapstad is. My pa was in die bou-bedryf jare terug op die Natalse Suidkus. En hy het sommer sy scaffold-planke by die saagmeule self gekoop. Ek wonder of Piet van Heerde dalk weet - saagmeule sal eerder "off the beaten track" wees, eerder as hier naby ons in die dorp.

    Ek koop myne maar by Builders' - ja ek weet. Is duur.

    Ek sal jou laat weet wat die plek se naam is Gee my 'n paar minute.
    My 2005 Jeep Cherokee Sport - met 'n Lexus V8 hart!

  5. #5
    4x4 met laestrek Kasane's Avatar
    Aangesluit
    03-05-12
    Plek
    Centurion
    Boodskappe
    418
    Wat ry jy?
    2011 Suzuki GV 2.4 ....op die oomblik nog "stock standard"
    Gunstelingplekke
    Enige plek solank dit in die bos is!!
    Regte naam
    Franswa

    Re: Houtwerk

    Hier by ons in Pta-noord is n ou wat n kontrak van een of ander soort het met groot besighede wat hulle komponente in hout-kratte ontvang(ek neem aan per skip)dan gaan haal hy die kratte en haal hulle uitmekaar uit en sorteer dit in sy stoor....ek koop my hout by hom per gewig(verskillende diktes en lengtes)....maar spotgoedkoop...ek maak al my goed daarmee......miskien moet jy probeer uitvind of daar nie so iemand by julle is nie...as jy nie regkom met n saagmeule nie.....sterkte.

  6. #6
    4x4 pypkar JacquesB's Avatar
    Aangesluit
    05-09-12
    Plek
    Table View, Kaapstad
    Boodskappe
    3,159
    Wat ry jy?
    2005 Jeep Cherokee Sport 4x4 met V8 Lexus motor
    Gunstelingplekke
    Tietiesbaai/Paternoster, Atlantis Duine, Cederberge, Matroosberg - enige plek waar ek 4x4 kan ry...
    Regte naam
    Jacques

    Re: Houtwerk

    Gerrie - die plek se naam is "City Boards". Die adres is 33 Montague Drive.
    My 2005 Jeep Cherokee Sport - met 'n Lexus V8 hart!

  7. #7
    Moderator Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    1,149
    Wat ry jy?
    'n 1989 Toyota Hilux met baie min ombouings en veranderinge, maar daar is 'n pyplyn vir dit...
    Gunstelingplekke
    Enige plek sonder selfoonontvangs met baie grondpaaie
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Houtwerk

    Quote Originally Posted by Kasane Lees boodskap
    Hier by ons in Pta-noord is n ou wat n kontrak van een of ander soort het met groot besighede wat hulle komponente in hout-kratte ontvang(ek neem aan per skip)dan gaan haal hy die kratte en haal hulle uitmekaar uit en sorteer dit in sy stoor....ek koop my hout by hom per gewig(verskillende diktes en lengtes)....maar spotgoedkoop...ek maak al my goed daarmee......miskien moet jy probeer uitvind of daar nie so iemand by julle is nie...as jy nie regkom met n saagmeule nie.....sterkte.
    Dit sal die ideaal wees. Maar waar begin mens soek vir so ou?
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Webredakteur - WegRy/ Web editor - Drive Out
    weg.co.za / go-southernafrica.com
    gerrie@wegry.co.za

  8. #8
    4x4 pypkar JacquesB's Avatar
    Aangesluit
    05-09-12
    Plek
    Table View, Kaapstad
    Boodskappe
    3,159
    Wat ry jy?
    2005 Jeep Cherokee Sport 4x4 met V8 Lexus motor
    Gunstelingplekke
    Tietiesbaai/Paternoster, Atlantis Duine, Cederberge, Matroosberg - enige plek waar ek 4x4 kan ry...
    Regte naam
    Jacques
    My 2005 Jeep Cherokee Sport - met 'n Lexus V8 hart!

  9. #9
    Moderator Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    1,149
    Wat ry jy?
    'n 1989 Toyota Hilux met baie min ombouings en veranderinge, maar daar is 'n pyplyn vir dit...
    Gunstelingplekke
    Enige plek sonder selfoonontvangs met baie grondpaaie
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Houtwerk

    Quote Originally Posted by JacquesB Lees boodskap
    Gerrie - die plek se naam is "City Boards". Die adres is 33 Montague Drive.
    Thanks Jacques
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Webredakteur - WegRy/ Web editor - Drive Out
    weg.co.za / go-southernafrica.com
    gerrie@wegry.co.za

  10. #10
    4x4 met laestrek Jacques Kotze's Avatar
    Aangesluit
    24-08-12
    Plek
    Nelspruit.
    Boodskappe
    392
    Wat ry jy?
    Prado 4.0 V6 & 3.0 d4d S/Cab 4x4
    Gunstelingplekke
    Namibie & Laeveld
    Regte naam
    Jacques Kotze

    Re: Houtwerk

    Ek het op n tyd vir n bou maatskappy gewerk en laat ek jou se, hulle werk daai scafold planke tot daar niks van oorbly nie. Al wat ek weet is dat die meerderheid scafold planke word van Saligna gemaak.

  11. #11
    4x4 met laestrek
    Aangesluit
    20-04-12
    Plek
    Breederivier vallei, so ent van Worcester af, nie in 'n dorp nie.
    Boodskappe
    428
    Wat ry jy?
    2001 Hilux 2.7 DC 4x4 met die nodige toerusting vir 2 weke alleen en selfonderhoudend in die boendoe
    Gunstelingplekke
    Mosambiek kus, malawi meer, victoria valle, okavango, namib woestyn en holbaaipunt.
    Regte naam
    AB Rossouw

    Re: Houtwerk

    Gerrie klink my an of jy vir ons se huis gaan meubels maak. ons huis is amper klaar gebou en een van die dae trek ons in en dan moet die meubels wat uit gebrand het vervang word. TV kamer en 3 slaapkamers se meubels. Ek het jakaranda stompe hier wat ek wil laat saag en baie origan pine balke wat onder die hout vloere uitkom en kyk of daar iets van gemaak kan word. DIe naaste wat ek hier kon vind om te laat saag is by die saagmeule op Ceres. wat se hout hle als het weet ek nie. Dit is regoor die Agrimark. Ek wou die hout die week vir hulle neem maar hulle is nou besiger as besig om vrugte kratte te maak na baie van die kratte uitgebrand het.
    Worcester se saagmeul het einde Augustus toegemaak.
    Op Skelembos is ook 'n saagmeule.
    Of mens direk by die saagmeulens kan koop weet ek nie en wat hulle pryse is weet ek ook nie.

  12. #12
    Moderator Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    1,149
    Wat ry jy?
    'n 1989 Toyota Hilux met baie min ombouings en veranderinge, maar daar is 'n pyplyn vir dit...
    Gunstelingplekke
    Enige plek sonder selfoonontvangs met baie grondpaaie
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Houtwerk

    Quote Originally Posted by ABR Lees boodskap

    Of ek nou vir 'n ander man se huis wil meubels maak, weet ek nie... as die tafel wat ek maak dalk skeef is, moet net ek daarmee saamleef, maar sal dit nie vir 'n ander ou wil doen nie - dan staan en vleok hy my elke keer as hy na die tafel kyk. Maar as ek eendag afgetree het, is dit my plan om aan die gang te bly, maar dis mos nog baie jare ver.
    Ek weet nie of 'n privaat ou daar by die saagmeule kan opdaag en hout kan koop nie? Weet iemand anders dalk of dit moontlik is? Dit sal dinge baie maklik maak.
    Elk geval, As van daai pine hout vir jou dalk nie gaan werk nie sal ek hulle met liefde van jou hande afneem...
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Webredakteur - WegRy/ Web editor - Drive Out
    weg.co.za / go-southernafrica.com
    gerrie@wegry.co.za

  13. #13
    4x4 met laestrek
    Aangesluit
    20-04-12
    Plek
    Breederivier vallei, so ent van Worcester af, nie in 'n dorp nie.
    Boodskappe
    428
    Wat ry jy?
    2001 Hilux 2.7 DC 4x4 met die nodige toerusting vir 2 weke alleen en selfonderhoudend in die boendoe
    Gunstelingplekke
    Mosambiek kus, malawi meer, victoria valle, okavango, namib woestyn en holbaaipunt.
    Regte naam
    AB Rossouw

    Re: Houtwerk

    gerrie ek kan vir jou die ceres saagmeule se nommer gee as jy dit wil hÍ.

  14. #14
    Moderator Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    1,149
    Wat ry jy?
    'n 1989 Toyota Hilux met baie min ombouings en veranderinge, maar daar is 'n pyplyn vir dit...
    Gunstelingplekke
    Enige plek sonder selfoonontvangs met baie grondpaaie
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Houtwerk

    Quote Originally Posted by ABR Lees boodskap
    gerrie ek kan vir jou die ceres saagmeule se nommer gee as jy dit wil hÍ.
    Ja, asseblief! Dankie!
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Webredakteur - WegRy/ Web editor - Drive Out
    weg.co.za / go-southernafrica.com
    gerrie@wegry.co.za

  15. #15
    4x4 met laestrek
    Aangesluit
    20-04-12
    Plek
    Breederivier vallei, so ent van Worcester af, nie in 'n dorp nie.
    Boodskappe
    428
    Wat ry jy?
    2001 Hilux 2.7 DC 4x4 met die nodige toerusting vir 2 weke alleen en selfonderhoudend in die boendoe
    Gunstelingplekke
    Mosambiek kus, malawi meer, victoria valle, okavango, namib woestyn en holbaaipunt.
    Regte naam
    AB Rossouw

    Re: Houtwerk

    ek stuur dit met PM

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •